Die beloogbosbontrokkie (Platysteira peltata) is 'n sangvoël wat aan die familie Platysteiridae behoort. Die voël is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat leef in kus- laagland en rivierwoude met 'n voorkeur vir plekke met rankplante onder blaredak en digte ruigtes. In Engels staan dit as die Black-throated Wattle-eye bekend. Dit staan ook bekend as die leloogbosbontrokkie.
Voorkoms Die voël is 13 cm groot en weeg ook 13 gram. Die klein voëltjie het kenmerkende rooi ooglelle. Die mannetjie het 'n smal borsband terwyl die wyfie se keel en bobors swart is. Die onvolwasse voël se rugkant is grys en die keel bruin gevlek. Die jong voël se rugkant is ligbruin met rooibruin spikkels, die borskant is naaswit met 'n verspreide borsband terwyl die ooglelle klein en oranje is.
Verspreiding en woongebiede Die spesie het 3 subspesies: Platysteira peltata cryptoleuca: van Somalië tot noordelike Mosambiek. Platysteira peltata mentalis: van sentraal Angola tot westelike Kenia, westelike Tanzanië en Malawi. Platysteira peltata peltata: van Zambië tot sentraal Mosambiek en oostelike Suid-Afrika.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Bosbontrokkies