Eduard Johan Pieter Jorissen (1829–1912) was 'n regter en staatsman in Suid-Afrika. Hy is in 1829 in Zwolle, Nederland, gebore. Hy laat vaar sy loopbaan as predikant in 1868 om joernalis te word. Hy vergesel president T.F. Burgers in 1875 na Nederland. Hy keer die volgende jaar terug en begin met sy studies in die regte. Hy word in 1876 Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy vergesel die Onafhanklikheidsafvaardiging in 1877 na Engeland. Hy neem deel in die vredesonderhandelings na die Slag van Majuba en was regter van 1888 tot 1900. Hy is in 1912 oorlede.

Verwysings

Bronne

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1829 Kategorie:Sterftes in 1912