Die Aardtakke of Twaalf Takke is ’n rankskikkingstelsel wat in Oos-Asië gebruik word op verskeie gebiede, soos in die antieke datumstelsel, astrologie en die Chinese diereriem.
Oorsprong Die stelsel van die twaalfjaarsiklus van dieretekens is saamgestel uit waarnemings van Jupiter (die "Jaarster", Suìxīng) se wentelbaan om die Son. Chinese sterrekundiges het die wentelbaan in 12 dele verdeel en dit tot 12 jaar afgerond (van Jupiter se wenteltyd van 11,86 jaar).Dr Zai, J. Taoism and Science: Cosmology, Evolution, Morality, Health and more. Ultravisum, 2015. Jupiter word verbind met die Chinese sterrebeeld Sheti (摄提 of 歳星), die Veewagter, en word soms Sheti genoem.
Geskiedenis Die 12 jare van die Jupiter-siklus identifiseer ook die 12 maande van die jaar, 12 tekens in die diereriem, rigtings, seisoene en Chinese dubbelure. Wanneer ’n spesifieke tyd bedoel word, beteken dit die middel van die dubbeluur. Die Perd (马) beteken byvoorbeeld 12:00, of ’n tydperk van 11:00 tot 13:00. (Die jie qi-stelsel het enkelure en 15-graad-boë verskaf in tyd en ruimte.)
Chinese seisoene is geskoei op waarnemings van die son en sterre. Baie Chinese kalenders het die nuwe jaar begin op die tweede donkermaan ná die wintersonstilstand.
Die Aardtakke word vandag saam met die Hemelstamme gebruik in die huidige weergawe van die Chinese kalender en in Taoïsme. Die Ganzhi (Stam-Tak)-kombinasie vorm die 60-jaarsiklus van die Chinese kalender.
Twaalf Takke AardtakPinyinChinese dierJapannese dierRigtingSeisoenMaanmaandDubbeluur1子zǐ鼠Rot鼠0° (noord)winterMaand 1123:00 tot 01:00 (middernag)2丑chǒu牛Os牛 Koei30°Maand 1201:00 tot 03:003寅yín虎Tier虎60°lenteMaand 103:00 tot 05:004卯mǎo兔Konyn兎90° (oos)Maand 205:00 tot 07:005辰chén龙(龍)Draak竜 (龍)120°Maand 307:00 tot 09:006巳sì蛇Slang蛇150°somerMaand 409:00 tot 11:007午wǔ马(馬)Perd馬180° (suid)Maand 511:00 tot 13:00 (12:00)8未wèi羊Bok羊210°Maand 613:00 tot 15:009申shēn猴Aap猿240°herfsMaand 715:00 tot 17:0010酉yǒu鸡(雞)Haan鶏 (鳥) Hoender 270° (wes)Maand 817:00 tot 19:0011戌xū狗Hond犬300°Maand 919:00 tot 21:0012亥hài猪(豬)Vark猪330°winterMaand 1021:00 tot 23:00
Sommige lande vervang van die Chinese diere met ander: Viëtnam vervang die Os en Konyn onderskeidelik met die Waterbuffel en Kat; Japan vervang die Vark met die Wildevark; Tibet vervang die Haan met die Voël, ens.
Rigtings duimnael|240px|Die 24 rigtings (volgens die antieke Chinese gebruik is suid (rooi) bo.
Hoewel daar in Chinees woorde vir die windrigtings is, het matrose en astroloë verkies om die vier rigtings van die Aardtakke te gebruik. Omdat 12 punte nie genoeg was vir skeepvaart nie, is nog 12 punte bygevoeg. In plaas daarvan om twee aangrensende rigtingname vir die nuwe punte te gebruik, is nuwe name gekies:
Vir die vier diagonale rigtings is die betrokke trigramname van I Ching gebruik. Vir die res is die Hemelstamme (1-4, 7-10) gebruik. Volgens die Vyf Elemente-teorie word oos aan Hout toegeken en die stamme van Hout is 甲 (jiǎ) en 乙 (yǐ). Hulle is dus kolksgewys aan die twee bykomende punte van die ooste toegeken.
Die 24 rigtings is: KarakterMandarynsRigting1子ㄗˇ zǐ0° (noord)2癸ㄍㄨㄟˇ guǐ15°3丑ㄔㄡˇ chǒu30°4艮ㄍㄣˋ gèn45° (noordoos)5寅ㄧㄣˊ yín60°6甲ㄐㄧㄚˇ jiǎ75°7卯ㄇㄠˇ mǎo90° (oos)8乙ㄧˇ yǐ105°9辰ㄔㄣˊ chén120°10巽ㄒㄩㄣˋ xùn135° (suidoos)11巳ㄙˋ sì150°12丙ㄅㄧㄥˇ bǐng165°13午ㄨˇ wǔ180ㄑ° (suid)14丁ㄉㄧㄥ dīng195°15未ㄨㄟˋ wèi210°16坤ㄎㄨㄣ kūn225° (suidwes)17申ㄕㄣ shēn240°18庚ㄍㄥ gēng255°19酉ㄧㄡˇ yǒu270° (wes)20辛ㄒㄧㄣ xīn285°21戌ㄒㄩ xū300°22乾ㄑㄧㄢˊ qián315° (noordwes)23亥ㄏㄞˋ hài330°24壬ㄖㄣˊ rén345°
Verwysings
Eksterne skakels Hemelstamme en Aardtakke - Hongkong-sterrewag
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie Kategorie:Chinese kalenders