Die Hemelstamme (Chinees: 天干, tiāngān, of 十干, shígān; Japannees: jikkan, "10 Stamme") is onderdele van die Chinese kalender. Elk van die 10 Hemelstamme word aan ’n jaar toegeken. Saam met die 12 Aardtakke (Chinees: 地支, dìzhī) vorm hulle die 60-jaarsiklus van die Chinese kalender.
10 Hemelstamme Chinese karakter Jin/jang Element 1 甲 jiǎ Jang Hout (木, mù) 2 乙 yǐ Jin 3 丙 bǐng Jang Vuur (火, huŏ) 4 丁 dīng Jin 5 戊 wù Jang Aarde (土, tŭ) 6 己 jǐ Jin 7 庚 gēng Jang Metaal (金, jīn)8 辛 xīn Jin9 壬 rén Jang Water (水, shuĭ) 10 癸 guǐ Jin
In Chinees word die Hemelstamme vandag soms in die plek van die alfabet gebruik om dinge te nommer, byvoorbeeld in die geneeskunde (hepatitis A: 甲型肝炎, jiǎxíng gānyán; hepatitis B: 乙型肝炎, yǐxíng gānyán, hepatitis C: 丙型肝炎, bǐngxíng gānyán; en selde ook vir bloedgroepe en vitamiene A, B, C, D, E en K). Dit word ook gebruik vir skoolgrade, sportligas (Reeks A: 意甲, yìjiǎ), vraestelle of om dialoog in kort tekste aan te dui (甲 praat, 乙 antwoord). Dit word ook in akupunktuur gebruik.Ute Engelhardt, Carl-Hermann Hempen: Akupunkturscheibe zur Errechnung der optimalen Wirkzeiten. Urban & Schwarzenberg, München, 1995,
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
Kategorie:Chinese astrologie Kategorie:Chinese kalenders