Die kopereend (Tadorna cana) is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika. Dit is endemies aan die gebied.

Identifikasie duimnael|links|Wyfie

Die kopereend is 'n groot voël, die gemiddelde lengte van 'n volwasse kopereend is 64 cm. Soos die naam aandui het kopereende 'n koperkleur en het hulle ook 'n swart snawel en swart pote. Die manlike eend het 'n grys kop, en die vroulike eend het 'n wit-en-grys kop.

Habitat Varswaterdamme en vleie.

Broeigewoontes Na afloop van die broeityd, vroeg in die voorjaar, vorm hulle soms groot swerms, wat skade in tuine en landerye kan veroorsaak. Die nes, met tien wit eiers, is meestal in 'n erdvarkgat.

Verspreiding Grootste deel van Suid-Afrika, behalwe die noorde en ooste, asook in groot dele van Namibië.

Ander name Duitse naam: Graukopfkasarka Engelse naam: Cape Shelduck / South African Shelduck Wetenskaplike naam: Tadorna cana

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika. Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899, 

Kategorie:Eendvoëls