Die Dwerggans (Nettapus auritus) is 'n gelokaliseerde, algemene eendvoël. Dit is 'n standvoël in die subtropiese en tropiese laagliggende gebiede van Sub-Sahara Afrika en Madagaskar. Hul habitat is tipies panne of vloedvlaktes met drywende akwatiese plantegroei.
Identifikasie Dit is 'n baie klein soort eend, maar met pragtige opvallende kleure. Die eend is 30–33 cm lank en weeg 230 tot 320 gram. Oranje-kleurige lyf, wit bors, wit gesig met donker groen rug. Hulle verkies om in die water te bly, waarmee hul kleur mooi saamsmelt.
Habitat Varswater areas met drywende waterplante. Hulle verkies stil riviertakke en vleie met baie waterplante en word altyd in pare of klein swerms aangetref.
Broeigewoontes Hulle maak nes in 'n gat in 'n boom of krans, gewoonlik naby water. Dwerggansneste word uiters selde gesien.
Verspreiding Noordooste van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Hulle hou van tropiese streke, maar word ook waargeneem in droër gebiede.
Geluid 'n Swei-swei geluid.
Ander name Duits: Afrikanische zwerggans Engels: African pygmy goose Frans: Anserelle naine Kwangali: Kamugcara Nederlands: Afrikaanse dwerggans Portugees: Pato-orelhudo
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899,
Kategorie:Eendvoëls