Swartnekdobbertjie (Podiceps nigricollis) is 'n redelike maar algemene gelokaliseerde standvoël en nomade wat leef by mere, panne, en beskutte baaie. In Engels staan die voël bekend as die Black-necked Grebe of Eared Grebe

Identifikasie Die voël is 28 tot 33 cm lank en weeg 300 gram. Dit is effens groter as die kleindobbertjie. Die nek is ook langer en meer slank, die kop hoekiger en snawel langer as die van die kleindobbertjie. Die oë is helderrooi. Broeiende volwasse voël het 'n goue oorklossie, sy kop en keel is swart en die sye is kastaiingsbruin.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Dobbertjies