Die draaihals (Jynx ruficollis) is 'n voël in die familie van spegte (Picidae). Die voël kan aan die roesbruin vlek onder die keel en op die bors uitgeken word. Die bokantste vere is bruin met swarterige spikkels daarop. Hulle kom in Afrika suid van die Sahara voor.

Hierdie spesie het die gewoonte om vooroor te leun en die kop van kant tot kant te swaai. Hierdie manier van vertoon word vir gebiedsafbakening en hofmakery gebruik. Hulle is nie in staat om gate in bome te kap nie en is afhanklik van natuurlike gate of ongebruikte gate van ander spegte en houtkappers vir neste. Hulle spandeer baie tyd op die grond waar hulle miere en termiete met hul lang tonge oppik.Spegte en houtkappers . . . wie is wie?, Volksblad, 10 Julie 2004

duimnael|links|'n Draaihals, let op die roesbruin vlek onder die keel en op die bors.

Ander name Engelse naam: Rufous-necked Wryneck, Red-breasted Wryneck Wetenskaplike naam: Jynx ruficollis

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Spegte