Die kleindobbertjie (Tachybaptus ruficollis) is 'n algemene standvoël en een van die kleinste watervoëls in Suider-Afrika. Dit kom ook in ander dele van Afrika voor, asook Europa en dele van die Midde- en Verre-Ooste.

Die kleindobbertjie is 'n klein, vaal, grysbruin voël met donker kringe om sy oë, alhoewel dit 'n helder kastaiingbruin aan die kante van die kop vertoon tydens die broeityd. Die tweede helfte van die wetenskaplike naam, ruficollis, verwys hierna: rufus beteken "rooierig" in Latyn en collus beteken "nek". 'n Ligte kol kan waargeneem word aan die basis van die snawel. Kleindobbertjies het 'n baie vinnige vlerkslag tydens vlug en vertoon dan 'n wit vlerkstreep en 'n helderwit pens.

Die voël geniet 'n wye verspreiding in Suider-Afrika en kan enkel of in groepies in varswatergebiede (groot riviere uitgesluit) met jong plante waargeneem word. Waar nodig sal hulle snags tussen waterliggame migreer, maar bedags bly hulle op die wateroppervlak.

Die kleindobbertjie uiter 'n laggende gekwetter. Hy duik dikwels onderwater en steek dikwels slegs sy kop bo die water uit om gevaar te bespeur. Vandaar ook die naam Tachybaptus: takhos is Grieks vir "vinnig" en bapto beteken "om na onder te sink".

Subspesies Daar word tans 9 subspesies onderskei, hoofsaaklik aan grootte en kleur.

T. r. ruficollis: Europa, Wes-Rusland en suid tot Noord-Afrika T. r. iraquensis : Suidoos-Irak en Suidwes-Iran T. r. capensis: Suid van die Sahara, Madagaskar, Sri-Lanka en die Indiese subkontinent, tot in Mianmar T. r. poggei T. r. philippensis T. r. cotobato T. r. tricolor T. r. volcanorum T. r. collaris

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bronne Suider-Afrikaanse Voëls, deur Ian Sinclair (1994). Struik uitgewers: Kaapstad. Birdfacts: Little Grebe, by die webwerf van Birds of Britain. Newman Se Voëls Van Suider-Afrika (2002), deur Kenneth Newman. Struik uitgewers. , . Ogilvie, Malcolm; Chris Rose (2003). Grebes of the World. Bruce Coleman. .

Kategorie:Dobbertjies