Nikkel-60 (Chemiese notasie: Ni) is 'n stabiele isotoop van nikkel. Dit verteenwoordig ruim 'n kwart van die element in sy natuurlike elementsamestelling.

KMR Hierdie nuklied het 'n kernspin I=0 en is nie KMR-aktief nie.

Opgewekte isomere Die kobalt-60-nuklied verval na nikkel-60, maar aanvanklik ontstaan twee opgewekte toestand hiervan wat verval na die grondtoestand onder emissie van twee harde γ-kwanta.Principles and Applications of Radiological Physics E-Book Elsevier Health Sciences, 2011, ,

Isotoopverhoudings Die studie van isotoopverhouding soos tussen Ni en Ni is taamlik nuut (sedert omtrent 2009). Daar is dalk sowel biologiese as anorganiese prosesse (soos metanogenese en sulfiedvorming) wat tot massa-afhanklike fraksionering kan lei. In hulle navorsing in die Swartsee het Vance et al. waardes van δ60Ni waargeneem wat wissel van ongeveer 1,00‰ aan die oppervlakte van die waterkolom tot 0,6‰ op 100 meter diepte en 2,0‰ op 2000 meter diepte.The oceanic budgets of nickel and zinc isotopes: the importance of sulfidic environments as illustrated by the Black Sea Philos Trans A Math Phys Eng Sci. 2016 Nov 28; 374(2081): 20150294.

In meteoriete kan ook afwykings van die δ60Ni-waardes waargeneem word, maar dit het 'n ander oorsaak. Nikkel-60 is die vervalproduk van die uitgestorwe oerisotoop yster-60. Hierdie afwykings kan gebruik word om die ouderdom van meteoriete te bepaal. Nikkel isotope anomalies in meteorites and the 60Fe-60Ni clock Workshop on Chornology of Meteorites (2007)

Verwysings

Kategorie:Isotope van nikkel