16 Psugê (Engels: 16 Psyche) is een van die 10 asteroïdes in die asteroïdegordel met die grootste massa. Dit het ’n deursnee van meer as 200 km en bevat net minder as 1% van die massa van die hele asteroïdegordel. Dit is vermoedelik die ontblote ysterkern van ’n protoplaneet. Dit is die swaarste metaalagtige M-tipe asteroïde. Psugê is op 17 Maart 1852 in Napels deur die Italiaanse sterrekundige Annibale de Gasparis ontdek en na die Griekse mitologiese karakter Psugê genoem. Psugê is geskeduleer vir ruimteverkenning, met 'n Nasa-Psugê-ruimtetuig, lansering wat in 2022 beplan word, aankoms in 2026, en orbitaalverkenning in 2026–2027.

Simbool Die eerste 15 asteroïdes wat ontdek is, het simbole by sterrekundiges gekry as ’n soort snelskrifnaam. Psugê se simbool was x24px|16 Psugê, ’n halfsirkel met ’n ster bo-op; die halfsirkel verteenwoordig ’n skoenlapper se vlerk, die simbool van die siel (psugê is die Griekse woord vir "siel").

Die Duitse sterrekundige J.F. Encke het in 1851 voorgestel dat ’n syfer in ’n sirkel gebruik word in plaas van ’n simbool, en 16 Psugê was in 1852 die eerste nuwe asteroïde wat ontdek is wat volgens dié skema ’n naam gekry het.

Eienskappe Massa en vorm duimnael|links|130px|Twee waarnemings van Psugê, in 2010 en 2014.

Psugê se massa is groot genoeg dat dit swaartekragversteurings by ander asteroïdes veroorsaak, en dit maak ’n massabepaling moontlik. Teen 2017 was die beste raming van sy massa  kg.

Ligkurwe-ontledings dui daarop dat Psugê se vorm taamlik oneweredig is. Daar is aansienlik minder massa naby die ewenaar by ’n lengtegraad van sowat 90°. Naby die suidpool is ook twee kleiner krateragtige induikings (50-70 km in deursnee).

Samestelling Radarwaarnemings dui daarop dat Psugê ’n taamlik suiwer yster-nikkel-samestelling het, en dit stem ooreen met die feit dat dit een van die hoogste radaralbedo's in die asteroïdegordel het (). Dit lyk of Psugê se oppervlak uit 90% yster bestaan, met klein hoeveelhede (%) ortopirokseen.

Die Nasa-infrarooiteleskoopaanleg by die Mauna Kea-sterrewag het in Oktober 2016 bewyse bekendgemaak van die teenwoordigheid van water of hidroksiel-ione op die asteroïde. Die water het Psugê vermoedelik bereik deurdat kleiner asteroïdes wat vlugtige stowwe soos koolstof, waterstof en water bevat, dit getref het.

Verkenning In 2014 is ’n sending na Psugê aan Nasa voorgestel. ’n Span onder Lindy Elkins-Tanton van die Universiteit van Arizona het ’n konsep voorgelê vir ’n robotwenteltuig. Hulle het gevoel 16 Psugê sou ’n waardevolle voorwerp wees om te bestudeer, omdat dit die enigste liggaam is wat tot dusver ontdek is wat dalk ’n metaalkern is.

Die sending is in Januarie 2017 deur Nasa goedgekeur en sou aanvanklik in Oktober 2023 gelanseer word om die asteroïde in 2030 te bereik. In Mei 2017 is die datums vervroeg tot onderskeidelik 2022 en 2026.

Verwysings

Eksterne skakels Vormmodel afgelei van ligkurwe

16 Psyche by Solar System Exploration 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Asteroïede