Haniff Hoosen (gebore 22 Maart 1972) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA. Hy was voorheen (sedert 2007) die sekretaris-generaal van die Onafhanklike Demokrate. Hy is in 2008 tot die Nasionale Parlement verkies as 'n Demokratiese Alliansie-lid. Hy het as die DA se skaduminister vir Binnelandse Sake gedien in die Vyfde Parlement (2014-2019).
Sy tuisdorp is Durban in KwaZulu-Natal, waar hy 'n metroraadslid was van 1996 tot 2001.
Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika