David John Maynier (gebore 22 Oktober 1968) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Demokratiese Alliansie. Hy het van Mei 2019 tot Mei 2022 as die Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Finansies en Ekonomiese Geleenthede gedien en is daarna aangestel as Provinsiale Minister van Onderwys. Hy is 'n dienende lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement en was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vanaf Mei 2009 tot Mei 2019. Maynier was die party se skaduminister van verdediging en militêre veterane vanaf 2009 tot 2015 en die skaduminister van finansies tussen 2015 en 2019.
Akademiese kwalifikasies
Maynier het 'n Baccalaureus Artium-honneursgraad aan die Universiteit van Kaapstad behaal en daarna 'n meestersgraad in openbare administrasie aan Harvard-universiteit verwerf.
Politieke loopbaan Maynier is in 1999 as 'n navorser by die DA aangestel. Hy het gou die hoofnavorser geword. In Augustus 2000 het hy Tony Leon se stafhoof geword. Maynier het daardie amp tot Junie 2004 behou toe hy as die assistent van die voorsitter van die federale uitvoerende raad benoem is. In 2005 het hy die party se fondsinsamelingshoof geword en het 'n toekenning vir sy werk in 2007 behaal. In 2008 is Maynier as die DA se adjunk-HUB aangestel. duimnael|220px|links|Maynier by die DA se 2010–verkiesingskongres Vir die Mei 2009-verkiesing was Maynier die DA se veldtogbestuurder in die Wes-Kaap. Die party het die provinsie gewen. Maynier is tot die Nasionale Vergadering verkies. Die destydse parlementêre leier van die DA, Athol Trollip, het hom as die skaduminister van verdediging en militêre veterane aangewys. DA announces “shadow cabinet”. Defenceweb. Besoek op 30 Junie 2020. Hierna het die nuutverkose parlementêre leier Lindiwe Mazibuko haar skadukabinet in 2012 aangekondig en Maynier in sy pos behou. Hy is in 2014 vir 'n tweede termyn herkies. Mmusi Maimane het hom eers as die skaduminister van verdediging en militêre veterane behou en hom toe in 2015 as die skaduminister van finansies aangewys. DA: Mmusi maimane on changes to DA Shadow Cabinet. Polity. Besoek op 30 Junie 2020.
In die verkiesing van Mei 2019 is Maynier tot die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement verkies.David Maynier to move to Western Cape provincial legislature. BusinessDay. Besoek op 30 Junie 2020. Die nuutverkose premier Alan Winde het hom as die Provinsiale minister van finansies en ekonomiese geleenthede aangewys, Meyer, Dan. Western Cape premier Alan Winde's cabinet a mix of old and new. TimesLIVE. Besoek op 30 Junie 2020. en in Mei 2022 herontplooi as Wes-Kaapse Provinsiale minister van onderwys, na die bedanking van Debbie Schäfer.
Verwysings
Eksterne skakels Mr David John Maynier. People's Assembly. Ministry of Finance and Economic Opportunities: Overview. Wes-Kaapse Regering.
Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie