Stevens Mokgalapa is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tussen 2019 en 2020 as die uitvoerende burgemeester van Pretoria gedien het. Voorheen was hy 'n lid van die Nasionale Vergadering vir die Demokratiese Alliansie en het die kiesafdeling Gauteng verteenwoordig.

Nadat Solly Msimanga op 18 Januarie 2019 sy kandidatuur tydens die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 as premier vir Gauteng en sy bedanking as Tshwane se burgemeester op 11 Februarie 2019 aangekondig het, is Stevens Mokgalapa op 12 Februarie 2019 as sy opvolger gekies.

Verwysings

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Pretoria Kategorie:Geboortes in 1977