Mmoba Solomon "Solly" Malatsi (gebore 22 Desember 1985) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans dien as Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie sedert Julie 2024. Hy was sedert Mei 2014, 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, waar hy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig. Hy was ook die DA se nasionale woordvoerder en 'n adjunk-federale voorsitter. Malatsi was voorheen die parlementêre raadgewer van die DA se parlementêre leier. Hy het ook poste in die DA se skadukabinet beklee.

Biografie Malatsi is in Ga-Dikgale in die voormalige Transvaalprovinsie gebore. Hy het aan die Hoërskool Phiri Kolobe gematrikuleer en daarna 'n baccalaureusgraad in administrasie aan die Universiteit van Limpopo behaal. Malatsi het ook 'n Honneursgraad in Politieke Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Malatsi is 'n gegradueerde van die DA se Jong Leiers-program.

Politieke loopbaan Malatsi het in 2008 'n parlementêre navorser vir die DA geword. Hy het daarna as woordvoerder vanaf 2009 tot 2011 as 'n woordvoerder vir die Wes-Kaapse provinsiale minister van vervoer en openbare werke, Robin Carlisle gewerk. Tussen 2011 en 2014 het hy as die woordvoerder van die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, gedien.

In Mei 2014 het hy 'n LP vir die DA geword en is hy as Skaduminister van Sport en Ontspanning aangestel. Hy is later as skaduminister van menslike nedersettings aangestel.

In Junie 2018 is hy as die nasionale woordvoerder van die DA aangestel. Hy het vir Phumzile van Damme opgevolg. Hy is in Mei 2019 vir 'n tweede termyn as 'n LP herkies. Hy het toe in Junie die party se Skaduminister in die Presidensie geword. In Oktober 2019 is hy as parlementêre raadgewer van die nuutverkose DA parlementêre leier, John Steenhuisen, aangestel.

Op 24 November 2020 het Malatsi as die DA se nasionale woordvoerder uitgetree. Hy is dae daarna as die party se skaduminister in die presidentskap aangestel.

In die 2020-register van ledebelange het Malatsi onthul dat hy vergoeding van die Foschini-groep ontvang het vir 'n sportfotosessie.

Op 18 Augustus 2022 het Malatsi vir Siviwe Gwarube as die nasionale woordvoerder van die DA opgevolg nadat sy as hoofsweep van die DA-koukus aangestel is.

Malatsi is in April 2023 as 'n adjunk-federale voorsitter van die DA verkies.

Verwysings

Notas

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika