Annette Steyn (gebore 2 Junie 1969) was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie van 2009 tot Junie 2022, toe sy uit die politiek getree het. Sy was ook op 'n stadium die DA se Oos-Kaapse provinsiale voorsitter.

Politieke loopbaan Steyn het aanvanklik as munisipale raadslid van die (nou ontbinde) Gariep Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap gedien, voor haar verkiesing tot die Nasionale Vergadering in Mei 2009. Sy is op 6 Mei 2009 as lid ingehuldig. Kort daarna, op 14 Mei 2009, het Athol Trollip, die DA-parlementêre leier, haar in die pos van skadu-adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming aangestel. Sy het sedertdien in verskillende poste in die skadukabinet gedien.

Op 15 Junie 2022 het Steyn haar uittrede uit die politiek aangekondig.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie