Phumzile van Damme (gebore 20 Julie 1983) is 'n gewese lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrikahttps://www.parliament.gov.za/person-details/369 vir die Demokratiese Alliansie (DA). Sy was van 3 Oktober 2015 tot 5 Desember 2020 die skaduminister van kommunikasie, voor sy in Desember 2020 van haar amp onthef is deur John Steenhuisen, leier van die DA. Sy het probeer om hierdie besluit van die partyleier te beveg, maar het later op 20 Mei 2021 bedank uit die DA en dus ook die parlement.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie