Oshiwambo (Oshivambo) is 'n dialekkontinuum van Bantoetale in Suider-Afrika wat deur sowat 1 441 000 mense gepraat word. Dit word deur die Ovambo's gepraat en is een van die nasionale tale van Namibië. Daarbenewens word Oshiwambo in die aangrensende land Angola gepraat.

duimnael|links|Verspreiding van Oshiwambo in Namibië volgens die 2011-sensus: duimnael|links|'n Vrou uit Namibië gee 'n voorbeeld van Oshiwambo duimnael|links|Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits, Afrikaans en Oshiwambo) gesien word dat Namibië ’n veeltalige land is Oshiwambo word veral in die voormalige Bantoestan Ovamboland van die destydse Suidwes-Afrika gepraat, dit sluit die Namibiese streke Omoesati, Osjana, Ohangwena en Osjikoto in. Oshiwambo sluit die dialekte Kwanyama, Ndonga, Kwambi, Mbalanhu en Ngandjera in. Oshiwambo is nou verwant aan Herero, die taal van die Herero-volk.

Voorbeelde Algemene woorde en frases: Owe uya po! – "Welkom!" Wa aluka! – "Hallo!" Wa shilwa? – "Goeie more" Wa uhala po? – "Goeie dag" Ou li tutu nawa? – "Hoe gaan dit?" kulala – "slaap" omulaule – "swart" Hai ti! – "luister!" Omukwaniilwa – "koning" Nda pandula – "dankie" Heeno – "Ja" Aaye – "Nee" Enda nawa – "Totsiens" Ondikuhole – "Ek is lief vir jou"

Eksterne skakels

Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Angola Kategorie:Tale van Namibië