Koetaisiქუთაისი 280px Kaart Wapen 180px|senter 90px|senter|raam Vlag 75px|senter Land Streek Imereti Koördinate Stigting 8ste eeu n.C. Oppervlakte: - Totaal 67,7 vk km Hoogte bo seevlak 200 m Bevolking: - Totaal (2014) 147 635 - Bevolkingsdigtheid 2 200/vk km Tydsone UTC +04:00 Burgemeester Giorgi Chighvaria
Koetaisi (Georgies: ქუთაისი, [kʰutʰɑisi], ) is in die weste van Georgië sowat 220 km wes van die hoofstad Tbilisi geleë en het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as parlementêre setel van dié land gedien. Die stad het 'n bevolking van 147 635 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 67,7 km². Koetaisi is ook die derde grootste stad van dié land naas die hoofstad Tbilisi en Batoemi. Dit het in die Middeleeue as hoofstad van die Koninkryk Georgië en die Koninkryk Imereti gedien. Die parlement van Georgië is in 2012 na Koetaisi geskuif ten einde van desentralisering en die opgradering van die stad se status. Die parlementsetel is in Desember 2018 na Tbilisi teruggeskuif.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Georgië Kategorie:Regeringsetel