Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kongo (volk).
Kongo (Kikongo) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 5,7 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Lingala, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo, naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Kongo in die aangrensende lande Republiek die Kongo en Angola gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken. In die Republiek die Kongo word veral die Kreools Kituba gepraat, wat naas Frans en saam met Lingala as een van twee nasionale tale erken word.
duimnael|links|Die Ave Maria in Kikongo duimnael|links|Verspreiding van die vier nasionale tale in die Demokratiese Republiek die Kongo Kongo het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en word deur die Kongo-volk in die suidweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Angola Kategorie:Tale van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Tale van die Republiek die Kongo