Lingala (Lingála) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo, naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Lingala in die aangrensende lande die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Angola gepraat. In die Republiek die Kongo word Lingala saam met die Kongo-Kreools Kituba as 'n nasionale taal erken.

duimnael|links|Die Onse Vader in Lingala duimnael|links|Verspreiding van die vier nasionale tale in die Demokratiese Republiek die Kongo Lingala het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en was eens deur die Bangala-volk in die noordweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Angola Kategorie:Tale van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Tale van die Republiek die Kongo Kategorie:Tale van die Sentraal-Afrikaanse Republiek