Die Lakenvlei is hoofsaaklik 'n besproeiingsdam en geleë ten ooste van Ceres in die Warm Bokkeveld. Water word met 'n tonnel van 14,7km vanaf die dam na die Hexriviervallei (by De Doorns) gepomp, deur die Matroosberg.
Ligging Hierdie dam is in die Sanddriftrivier, 'n boloop van die Breederivier, en op 'n noordelike helling van die Hexrivierberge. Dit is by die koördinate 33° 21 '32.3' suid en 19° 34' 52.6' oos en in die omgewing van die Swaarmoedpas en Karoopoort.
Dam Die wal is gebou in 1974, is 56 m hoog en 268 m lank en die stumeer wat gevorm word, het 'n maksimum area van 0,825 km² en 'n volume van ruim 10 miljoen m³. Die dam is gewild onder hengelaars.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap