Die 1ste Cannes-rolprentfees is van 20 September – 5 Oktober 1946 in die voormalige Casino van Cannes, Frankryk, gehou. Altesaam 21 lande het prente vertoon. Dit was net ’n jaar ná die Tweede Wêreldoorlog en die meeste prente het oor die oorlog gehandel.

Daar was verskeie tegniese probleme, soos dat die spoele van Alfred Hitchcock se Notorious in omgekeerde volgorde en George Sydney se The Three Musketeers onderstebo vertoon is.

Die jurie het uit een verteenwoordiger per land bestaan, met die Franse historikus Georges Huisman as president. Die klem het eerder op kreatiwiteit as op mededinging geval en 11 prente het gelykop geëindig in die wedloop om die Palme d'Or.

Amptelike pryse Rolprente Palme d'Or: Brief Encounter deur David Lean Hets (Torment) deur Alf Sjöberg The Last Chance deur Leopold Lindtberg The Lost Weekend deur Billy Wilder María Candelaria (Xochimilco) deur Emilio Fernández Men Without Wings deur Frantisek Cáp Neecha Nagar deur Chetan Anand Red Meadows deur Bodil Ipsen en Lau Lauritzen jr. Rome, Open City deur Roberto Rossellini La symphonie pastorale deur Jean Delannoy Velikiy perelom (The Turning Point) deur Fridrikh Ermler Jurieprys: La Bataille du rail deur René Clément Beste akteur: Ray Milland vir The Lost Weekend Beste aktrise: Michèle Morgan vir La symphonie pastorale Beste regisseur: René Clément vir La Bataille du rail Beste kinematografie: Gabriel Figueroa vir María Candelaria (Xochimilco) en Los tres mosqueteros Beste animasie-ontwerp: Make Mine Music Beste kleur: The Stone Flower Kortprente Vánoční sen deur Karel Zeman Zvírátka a petrovstí deur Jiří Trnka Molodost Nasej Strany deur Sergei Yutkevich Les mines de sel de Wieliczka deur J. Brzozowski La cité des abeilles deur Andrev Winnitski Épaves deur Jacques-Yves Cousteau Fall of Berlin – 1945 deur Yuli Raizman

Ander

Internasionale Vredesprys: The Last Chance

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees