Die 2de Cannes-rolprentfees is van 12-25 September 1947 in Cannes, Frankryk, gehou. Die nuwe gebou waar dit gehou moes word, die Palais du Festival, was nog nie gereed nie en daar was baie tegniese en finansiële probleme.
Die hele jurie het uit Franse bestaan; die president was die historikus Georges Huisman. Ses pryse is aan prente in verskillende kategorieë toegeken.
Pryse Die volgende mense en rolprente het in 1947 pryse ontvang:
Rolprente Beste musikale komedie: Ziegfeld Follies deur Vincente Minnelli (Grand Prix - Comédies musicales) Beste sielkundige en liefdesprent: Antoine et Antoinette deur Jacques Becker (Grand Prix - Films psychologiques et d'amour) Beste animasie-ontwerp: Dumbo deur Ben Sharpsteen, Walt Disney (Grand Prix - Dessin animé) Beste sosiale prent: Crossfire deur Edward Dmytryk (Grand Prix - Films sociaux) Beste avontuur- en misdaadprent: Les Maudits (The Damned) deur René Clement (Grand Prix - Films d'aventures et policiers)
Kortprent Beste kortprent: Inondations en Pologne deur Jerzy Bossak, Waclam Kazwierczak (Grand Prix - Documentaires)
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees