Die 4de Cannes-rolprentfees is van 3-20 April 1951 in Cannes, Frankryk, gehou. Geen kompetisie is die vorige jaar gehou nie om finansiële redes. Die 1951-fees is in April pleks van September gehou om mededinging met die Venesiese Rolprentfees te voorkom.
Nes met die vorige twee feeste het die hele jurie uit Franse bestaan. Die president was die skrywer André Maurois. Die Palme d'Or is toegeken aan twee prente, Miss Julie deur Alf Sjöberg en Miracle in Milan deur Vittorio de Sica.
Die aktrise Michèle Morgan, akteur Jean Marais en rolprentmaker Jean Cocteau is op die fees vereer met die Victoire du cinéma français-prys.
Pryse duimnael|160px|Alf Sjöberg duimnael|160px|Vittorio de Sica duimnael|160px|Jean Cocteau
Die volgende mense en prente het in 1951 pryse ontvang:
Rolprente Palme d'Or: Miss Julie deur Alf Sjöberg Miracle in Milan deur Vittorio de Sica Jurieprys: All About Eve deur Joseph L. Mankiewicz Beste regisseur: Luis Buñuel vir Los Olvidados Beste aktrise: Bette Davis vir All About Eve Beste akteur: Michael Redgrave vir The Browning Version Beste draaiboek: Terence Rattigan vir The Browning Version Beste musiek: Joseph Kosma vir Juliette ou La clef des songes Beste kinematografie: José María Beltrán vir La Balandra Isabel llegó esta tarde Beste kunsredigering: Abram Veksler vir Mussorgsky Spesiale prys: The Tales of Hoffmann deur Michael Powell en Emeric Pressburger
Kortprente Kortprent-Palme d'Or La Voie Est-Ouest deur K. Gordon Murray Ukraine en Fleurs deur Mikhail Slutsky Lettonie Soviètique deur F. Kissiliov Azerbaidjan Soviètique deur F. Kissiliov en M. Dadachev Esthonie Soviètique by V. Tomber en I. Guidine Grand Prix du Festival International du Film pour le Meilleur Film Scientifique: L'Eruption de l'Etna deur Domenico Paolella
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees