Die 7de Cannes-rolprentfees is van 25 Maart – 9 April 1954 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Gate of Hell deur Teinosuke Kinugasa. Die fees is geopen met Flesh and the Woman (Le Grand Jeu) deur Robert Siodmak. Jean Cocteau was die president van die laaste oorwegend Franse jurie.
Die fees het ’n al hoe groter attraksie in die vermaakbedryf geword en die sterre se skandale en romanses het in die pers begin verskyn. In 1954 het ’n skandaal tydens die fees om die kop van die aktrise Simone Silva daartoe gelei dat haar loopbaan skade berokken is en ook waarskynlik tot haar selfmoord drie jaar later.
Pryse duimnael|160px|Jean Cocteau duimnael|160px|Teinosuke Kinugasa (in the 1910's)
Van die mense en prente wat in 1954 pryse ontvang het, is: Palme d'Or: Gate of Hell deur Teinosuke Kinugasa Internasionale Prys Before the Deluge (Avant le déluge) deur André Cayatte Neapolitan Carousel (Carosello napoletano) deur Ettore Giannini Chronicle of Poor Lovers (Cronache di poveri amanti) deur Carlo Lizzani Two Acres of Land (Do Bigha Zamin) deur Bimal Roy Five Boys from Barska Street (Piatka z ulicy Barskiej) deur Aleksander Ford The Last Bridge (Die Letzte Brücke) deur Helmut Käutner The Living Desert deur James Algar The Great Adventure (Det Stora Ädventyret) deur Arne Sucksdorff The Great Warrior Skanderbeg (Velikiy voin Albanii Skanderbeg) deur Sergei Yutkevich Jurieprys: Knave of Hearts deur René Clément Spesiale Prys: From Here to Eternity deur Fred Zinnemann
Kortprente A Drop Too Much (O sklenicku víc) deur Břetislav Pojar The Pleasure Garden deur James Broughton Stare miasto (The Old Town of Warzaw) deur Jerzy Bossak Aptenodytes forsteri (Les Pingouins) deur Mario Marret Toot, Whistle, Plunk and Boom deur Ward Kimball, Charles August Nichols
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees