Die Gubudam is in die Guburivier naby Stutterheim.

Die dam lê aan die voet van Berg Kubusie in die Xoloraberge (Kologhaberge), halfpad tussen Keiskammahoek en Stutterheim, ‘n 100 km van Oos-Londen, langs die R352-pad en naby die Dontsapas. Dit is by die koördinate 32° 36′ 35″ suid en 27° 16′ 41″ oos.

Dit is in 1971 gebou en het ‘n volume van ruim 8½ miljoen m³, ‘n walhoogte van 26 m en ‘n maksimum oppervlakte van ongeveer een km².

Hierdie dam word omring deur besondere natuurskoon. In die staatsbosse en die inheemse woude is wandel- en fietsrypaaie en ‘n kampeerterrein aangelê en besoekers vang ook forelle en besigtig watervoëls.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap