Die 3de Cannes-rolprentfees is van 2-17 September 1949 in Cannes, Frankryk, gehou. Geen kompetisie is die vorige jaar gehou nie weens finansiële probleme.

Nes in 1947 het die hele jurie uit Franse bestaan, met die historikus Georges Huisman as president. Die Palme d'Or is toegeken aan The Third Man deur Carol Reed. Die fees is geopen met L'Arroseur Arrosé deur Louis Lumière, ’n Franse komedie van 1895, ter ere van die rolprentbedryf se eerste komedieprent.

Pryse Die volgende mense en rolprente het in 1949 pryse ontvang:

Rolprente Palme d'Or: The Third Man deur Carol Reed Beste regisseur: René Clément vir The Walls of Malapaga Beste draaiboek: Eugene Ling en Virginia Shaler vir Lost Boundaries Beste akteur: Edward G. Robinson vir House of Strangers Beste aktrise: Isa Miranda vir The Walls of Malapaga Beste kinematografie: Milton R. Krasner vir The Set-Up

Kortprente Beste onderwerp: Palle Alene i Verden deur Astrid Henning-Jensen Beste redigering: Pacific 231 deur Jean Mitry Bes gefotografeerde dekking:Seal Island deur James Algar Beste kinematografie:Bialy Redyk deur Stanislas Mozdenski Beste kleur: Images Médiévales deur William Novik

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

Notas 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees