duimnael|regs|280px|Die seelt is 'n algemene varswatervis in die hele gematigde Eurasië. Varswatervisse spandeer meeste of al hul leeftyd in varswater, soos riviere en mere, met 'n soutgehalte van minder as 0,05%. Hierdie omgewings verskil in etlike opsigte van seetoestande, die mees voor-die-handliggende synde die verskil in soutgehalte. Om in varswater te kan oorleef, moes hierdie visse 'n verskeidenheid fisiologiese aanpassings ondergaan.

Sowat 41% van al die bekende visspesies word in varswater aangetref. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die vinnige spesievorming wat die verspreide habitatte moontlik maak. Wanneer damme en mere ter sprake is, kan mens van die dieselfde basiese spesiemodel as by die bestudering van eilandbiogeografie gebruik maak.

Fisiologie Varswatervis verskil fisiologies van soutwatervis in verskeie opsigte. Hul kieue moet in staat wees om opgeloste gasse op te neem, terwyl die soute in die liggaamvloeistowwe behoue moet bly. Hul skubbe verminder waterdiffusie deur die vel: varswatervis wat te veel skubbe verloor, sal vrek. Hulle het ook goedontwikkelde niere om soute uit liggaamvloeistowwe te herwin voor uitskeiding.

Klassifikasie in die VSA duimnael|260px|links|Steurs word in beide anadrome en stilstaande varswatervorme gevind. Die hengelaars in die Verenigde State klassifiseer varswaterspesies gewoonlik volgens die temperatuur van die water waarin hulle leef. Die watertemperatuur beïnvloed die beskikbare suurstof omdat koue water meer suurstof as warm water bevat.

Koue water Kouewatervisspesies oorleef in die koudste temperature, en verkies 'n watertemperatuur van 10–16 °C (50 tot 60 °F). In Noord-Amerika is daar plekke met lugtemperature wat genoeg kouewatertemperature veroorsaak in die noorde van die Verenigde State, Kanada, en in die suidelike Verenigde State van Amerika teen hoë hoogtes. Algemene kouewatervis sluit forel, reënboogforel, en bruinforel in.

Warmwater Warmwatervisspesies kan in 'n wye verskeidenheid van toestande oorleef, en verkies 'n watertemperatuur rondom 27 °C (80 °F). Warmwatervis kan in die noordelike streke in koue wintertemperature oorleef, maar gedy in warmer water. Algemene warmwatervis sluit babers, grootbekbaars, blouwang-sonvis en baie ander spesies van die Centrarchidae-familie in.

Koelwater Koelwatervisspesies verkies watertemperatuur tussen die kouewater en warmwaterspesies, ongeveer 16–27 °C (60 tot 80 °F). Hulle word oor die hele Noord-Amerika gevind, behalwe vir die suidelike gedeeltes van die Verenigde State. Algemene koelwaterspesies sluit muskellunge, noordersnoek, breëbekbaars en Amerikaanse geelbaars in.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Kategorie:Visse