duimnael|200px|Jeremy Meeks, ’n oudgevangene en deesdae model, het talle tatoes, onder meer ’n traan by sy linkeroog.

’n Traantatoe is ’n simboliese tatoeëermerk in die vorm van ’n traan wat onder of naby ’n mens se oog aangebring word. Dit is oorspronklik deur Mexikaanse Amerikaners gebruik wat destyds veral in Kalifornië gewoon het. Bendelede is dikwels hier met sulke tatoes gesien.

Die betekenis van die tatoe was oorspronklik dat die draer iemand vermoor het. Tans beteken dit eerder iemand is spyt oor iets wat hy gedoen het of is hartseer oor iets, soos die verlies van ’n geliefde of jare wat in die tronk deurgebring is. Amy Winehouse het 'n traantatoe gehad om haar hartseer te wys oor haar man, Blake Fielder-Civil, wat in die Pentonvilletronk was.

In gevangenisse beteken die tatoe steeds dikwels dat die persoon iemand vermoor het. Dit kan ook beteken dat iemand in aanhouding verkrag is en deur sy verkragter getatoeëer is om aan te dui dat hy die verkragter se "eiendom" is, want gesigstatoes is onmoontlik om weg te steek.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia en die Engelse Wikipedia

Kategorie:Tatoeëermerke