duimnael|240px|Kneukeltatoe met die woorde "Last girl on my mind". duimnael|190px|Die MMA-vegter CM Punk. Sy kneukeltatoe lui DRUG FREE.
’n Kneukeltatoe of vingertatoe is ’n spesifieke soort tatoeëring wat gewoonlik twee groepe woorde van vier letters elk of een woord van agt letters behels. Daar is ook ander kombinasies, soos op die foto regs. Dit is nie noodwendig ’n tronktatoe, soos dikwels gemeen word, nie. Tog is dit, nes ander handtatoes, nie baie gewild nie omdat die hande moeilik is om weg te steek.
Een van die bekendste kneukeltatoes is LOVE HATE, wat gewild gemaak is deur Robert Mitchum se karakter in die rolprent The Night of the Hunter. Ander kombinasies wat dikwels gebruik word, is GOOD GIRL, HARD CORE, GAME OVER en FUCK LOVE.
Sommige mense laat ook simbole of tekeninge op hul vingers tatoeëer, gewoonlik in groepe van vier, soos die vier soorte speelkaarte, wat op geluk dui. Astrologiese simbole is ook gewild.
Verwysings
Eksterne skakels KnuckleTattoos.com Lys handtatoes by Vanishing Tattoo Fuck Yeah Knuckle Tats tumblr Artikel met foto's 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Tatoeëermerke Kategorie:Menslike anatomie