Rasoherina (1814 – 1 April 1868), ook bekend as Rasoherina-Manjaka,Treaties and Other International Agreements of the United States of America (1776-1949). Deur Charles Irving Bevans was van 1863 tot 1868 koningin van die Koninkryk Madagaskar. Sy het haar man Radama II opgevolg nadat hy vermoedelik vermoor is.

Bewind duimnael|links|240px|Malgassiese ambassadeurs in Europa, 1863.

Nadat Radama II se ministers sy nuwe, pro-Europese beleide teengestaan en hom na bewering vermoor het, het hulle sy vrou Rasoherina toegelaat om hom op te volg op voorwaarde dat sy ’n kontrak onderteken wat ’n konstitusionele monargie daarstel wat die ware mag in die hande van die eerste minister sou plaas.Cousins, William Edward. Madagascar of to-day: A sketch of the island, with chapters on its past. The Religious Tract Society, 1895. Nog voorwaardes het ingesluit die beëindiging van tangena (’n tradisionele verhoor deur beproewing) en die monargie se verdediging van godsdiensvryheid. Sy het die troonnaam Rasoherina aangeneem.Frédéric Randriamamonjy, Tantaran'i Madagasikara Isam-Paritra (The history of Madagascar by Region), pp. 529 – 534.

Die destydse eerste minister was Rainivoninahitriniony, wat die staatsgreep teen haar man begin het. Hy het ’n paar weke ná haar kroning ’n politieke huwelik met haar aangegaan en het die staatsake ongehinderd beheer. Hy het egter al hoe despotieser geraak en was soms dronk en gewelddadig namate sy mag gegroei het. Hy het koningin Rasoherina glo verskeie kere met ’n mes gedreig.De La Vaissière, Camille. Histoire de Madagascar: ses habitants et ses missionnaires, Volume 1. ’n Jaar nadat sy die troon bestyg het, het Rasoherina die eerste minister afgedank en sy jonger broer, Rainilaiarivony, in sy plek aangestel. Sy het ook met hom ’n politieke huwelik aangegaan.Laidler, Keith. Female Caligula: Ranavalona, the Mad Queen of Madagascar.

Tydens die bewind van Rasoherina is ambassadeurs na Londen en Parys gestuur en Sondagmarkte is verbied. Die omstrede Lambert-charter wat Radama II onderteken het, is tot ontsteltenis van Frankryk nietig verklaar.Ralibera, Daniel. Madagascar et le christianisme. Karthala Editions, 1993. Die koningin het ook verdrae met Brittanje en die VSA gesluit

Dood en opvolging Vier dae ná ’n opstand teen die koningin en eerste minister, op 1 April 1868, is Rasoherina aan disenterie dood. ’n Ander vrou van Radama II, Ramoma, het haar opgevolg as Ranavalona II.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Monarge van Madagaskar