duimnael|180px|Radama I was van die andriana-klas van die Merina-volk. ’n Portret deur Ramanankirahina.

Andriana verwys na beide die adellike klas en ’n adellike titel van die voormalige Koninkryk Imerina op Madagaskar. Baie Malgassiese etniese groepe is histories in kastegebaseerde sosiale ordes ingedeel waarin die andriana die hoogste klas was. Die ander klasse was die hova (vry burgers) en andevo (slawe). Die andriana-klas het oorspronklik die adel, vegters en grondbesitters van die Merina-gemeenskap ingesluit. Hulle het net met mekaar getrou en het sekere voorregte geniet.

Die woord andriana het dikwels deel van die naam van Malgassiese konings, prinse en adellikes uitgemaak. Die konsep was egter nie tot die Merina-volk beperk nie; dit is ook vir adellikes van ander etniese groepe op Madagaskar gebruik, soos die Betsileo en ander.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van Madagaskar Kategorie:Adellike titels Kategorie:Kultuur in Madagaskar Kategorie:Voormalige monargieë van Afrika Kategorie:Voormalige lande in Afrika