Pachypodium is ’n genus van bladwisselende vetplantstruike en met pendorings wat endemies is tot Madagaskar en Suider-Afrika. Dit behoort tot die familie Apocynaceae. Pachypodium kom van ’n Latynse vorm van die Griekse pachus ("dik") en podion ("voet") en beteken dus "dikvoetiges".
Eienskappe duimnael|links|Olifantsdikvoet (P. rosulatum gracilius) in die Isalo- Nasionale Park van Madagaskar duimnael|regs|170px|Die groeivorm van drie Malgassiese spesies Alle Pachypodium is vetplante wat in mindere of meerdere mate ’n dik stam met pendorings het, en dit is hul mees herkenbare eienskappe. Die blare word in 'n krans of spiraal aan die terminale groeipunt van die stam of takke voortgebring. Meeste spesies is onder natuurlike toestande dormant in die winter. Die blare word dan afgewerp, en 'n verposing in groei vind plaas. Die halfmens, inheems aan 'n winterreënvalstreek, is egter dormant in die somer.
Die stam is vergroot en stoor baie water vir droogtetye. Hulle kom op blootgestelde, droë en rotsagtige plekke voor. Hoewel daar ’n verskeidenheid groeivorme is, toon almal verdikte stamgroei. Hulle wissel van dwergagtige, plat plante tot bottelvormige struike of palmagtige bome.
Hul pendorings is gemodifiseerde blaarstipule wat in pare of drie-drie voorkom, en word dikwels kransgewys in ringe om die stam voortgebring. Die pendorings kom saam met die blare uit en groei, nes die blare, vir ’n kort rukkie voordat hulle verhard en ophou groei. Hulle regenereer nie en kan dus mettertyd verweer totdat die plant se stamme en takke glad is.
Die meeste plante het minstens enkele takke, wat varieer van spesie tot spesie. Anders as soortgelyke spesies is die sap nie melkerig nie, maar altyd helder. Hierdie waterige lateks is ryk aan giftige alkaloïede, wat deur plaaslike bevolkings as pylgif gebruik is. In kontak met die oë kan dit blindheid veroorsaak. Die stekelrige aard van die plante verhoed egter dat vergiftigings dikwels voorkom.
Verspreiding en habitatte Pachypodium is inheems aan Madagaskar en Suider-Afrika, dus Angola, Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe.
Dit kom voor tussen die seevlak, waar sommige spesies in sandduine groei, en 1 600 m, of 1 900 m in Madagaskar. Op die suidelike deel van die vasteland kan temperature wissel tussen -10 °C en 45 °C. In Madagaskar, waar daar nie sulke uiterste temperature voorkom nie, wissel dit tussen -6 °C en 40 °C.
Die genus groei in gebiede met aansienlike droë maande, wat kan wissel van 5 tot 10 maande per jaar. Reënval kan wissel van net 75 mm tot 1 985 mm per jaar.
Spesies Daar is 22 spesies wat tot die genus hoort:http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:30028643-2
Pachypodium ambongense Poiss. — karstpalm Pachypodium baronii Costantin & Bois — bontaka Pachypodium bispinosum (L.f.) A.DC. — bobbejaankos Pachypodium brevicaule Baker — dwergdikvoet Pachypodium decaryi Poiss. — kameeldikvoet Pachypodium densiflorum Baker — saffraandikvoet Pachypodium eburneum Lavranos & Rapanarivo — Isalopalm Pachypodium enigmaticum Pavelka, Prokes, V.Vlk, Lavranos, Zídek & Ramav. — Mandotodikvoet Pachypodium geayi Costantin & Bois — duindikvoet Pachypodium horombense Poiss. — Horombepalm Pachypodium inopinatum Lavranos — Mahajangapalm Pachypodium lamerei Drake — Madagaskarpalm Pachypodium lealii Welw. — bottelboom Pachypodium menabeum Leandri — ravynpalm Pachypodium mikea Lüthy — Bemarahapalm Pachypodium namaquanum (Wyley ex Harv.) Welw. — halfmens Pachypodium rosulatum Baker — olifantsdikvoet Pachypodium rutenbergianum Vatke — kandelaarpalm Pachypodium saundersii N.E.Br. — koedoelelie Pachypodium sofiense (Poiss.) H.Perrier — Madagaskarbottelboom Pachypodium succulentum (L.f.) Sweet — Dikvoet Pachypodium windsorii Poiss. — Windsordikvoet
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Flora van Madagaskar