Didiereaceae is ’n familie blomplante wat op die vasteland van Afrika en in Madagaskar voorkom.
Dit bevat 20 spesies wat in drie subfamilies en ses genera verdeel word. Spesies van die familie is vetplante wat in droë tot halfdroë streke aangetref word. Verskeie is bekend as sierplante in die versamelings van spesialiste. Die subfamilie Didiereoideae is endemies in die suidweste van Madagaskar, waar die plante gewoonlik in die Malgassiese doringbosse voorkom.
Sistematika Daar is lank geglo die hele familie is endemies op Madagaskar totdat die genera Calyptrotheca, Ceraria en Portulacaria van die vasteland van Afrika ingesluit is. Die familie is naby verwant aan die familie Cactaceae (kaktusse).
Die drie subfamilies is:
Calyptrothecoideae Die subfamilie bevat net een genus, Calyptrotheca, met twee spesies wat in tropiese Oos-Afrika voorkom.
Didiereoideae Die subfamilie is endemies op Madagaskar, waar dit in die doringbosse van die droë suidweste voorkom. Die plante is doringagtige vetplantstruike en van 2-20 m hoog, met dik, waterstorende stamme en blare wat in die lang, droë seisoen bladwisselend is. Die blare is klein en kom alleen of in pare voor. Die blomme is meerslagtig (behalwe by Decaria) en radiaal simmetries.
Daar is vier genera met 11 spesies:
Alluaudia Alluaudia ascendens Alluaudia comosa Alluaudia dumosa Alluaudia humbertii Alluaudia montagnacii Alluaudia procera Alluaudiopsis Alluaudiopsis fiherensis Alluaudiopsis marnieriana Decarya Decarya madagascariensis Didierea Didierea madagascariensis Didierea trollii
Portulacarioideae Bevat een genus, Portulacaria, met sewe spesies wat in Suider-Afrika versprei is.
Galery
Bronne Werner Rauh: Didieréacées - 121e famille. In: H. Humbert (Hrsg.): Flore de Madagascar et des Comores, Muséum National d'Histoire Naturelle, 1963. Werner Rauh: The Didiereaceae, in Ashingtonia, 2, 1975. 2-5 Gordon D. Rowley: Didiereaceae „Cacti of the Old World“, British Cactus and Succulent Society, 1992.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Flora van Madagaskar