duimnael|Wêreldspektrum op 'n boekrak. duimnael|340px|Wêreldspektrum bevat heelwat illustrasies.
Wêreldspektrum is 'n Afrikaanse ensiklopedie met 30 boekdele wat in 1983 deur Ensiklopedie Afrikana (Edms) Bpk uitgegee is. Die ensiklopedie is alfabeties volgens onderwerp gerangskik, met die laaste boek, deel 30, wat die indeks bevat. Feitlik 50% van die ruimte is aan volkleur beelde en illustrasies gewy. Naas die hoofensiklopedie is daar ook 'n Junior wêreldspektrum, Wêreldspektrum Woordeboek (2 dele), Wêreldspektrum Woordeskat (3 dele) en verskeie jaarboeke (1985 tot 1996) gepubliseer.
Boekdele Wêreldspektrum: Deel 1: Aalwyne tot Anglo-Boereoorlog Deel 2: Anglo-Zoeloeoorlog tot behoudswette Deel 3: Behouering tot Brasilia Deel 4: Brasilië tot De la Rey Deel 5: Delfstowwe tot Egipte Deel 6: Egipte tot Faulkner Deel 7: Fauna en flora tot Genadendal Deel 8: Geneeskunde tot Gide, André Deel 9: Gietwerk tot Groote Kerk Deel 10: Groote Schuur tot Hiënas Deel 11: Cecil Higgs tot Indiërs (Suid-Afrika) Deel 12: Indiese Oseaan tot Jukskei Deel 13: Julius Caesar tot Karibiese Eilande Deel 14: Karoo tot Kleist, Heinrich von Deel 15: Kleredrag tot Kreefagtiges Deel 16: Kremetartboom tot leerbedryf Deel 17: Leerproses tot Malan, D.F. Deel 18: Malaria tot Michelangelo Deel 19: Middeleeue tot motorsport Deel 20: Mozart, Wolfgang Amadeus tot Nieu-Seeland Deel 21: Niger tot orkes Deel 22: Orrel tot plantverdeling Deel 23: Platespeler tot Renaissance (kuns) Deel 24: Renaissance (kuns) tot Sash, Cecily Deel 25: Sasol tot Smuts, J.C. Deel 26: Snaarinstrumente tot Strijdom, J.G. Deel 27: Suezkanaal tot Uys, Piet Deel 28: Vaaldam tot Volschenk, Jan Ernst Abraham Deel 29: Volstruise tot Zwingli, Ulrich Deel 30: Indeks
Wêreldspektrum Woordeboek: Woordeboek 1 (A tot L) Woordeboek 2 (M tot Z)
Wêreldspektrum Woordeskat (Afrikaans, Venda, Noord-Sotho, Engels, Zoeloe, Xhosa, Tswana en Sotho): Woordeskat 1: 8 Tale van Suid-Afrika (A tot J) Woordeskat 2: 8 Tale van Suid-Afrika (K tot R) Woordeskat 3: 8 Tale van Suid-Afrika (S tot Z)
Kategorie:Afrikaanse boeke Kategorie:Ensiklopedieë