Ranavalona II (1829 – 13 Julie 1883) was van 1868 tot 1883 koningin van die Koninkryk Madagaskar. Sy het Rasoherina, haar niggie, opgevolg.Royal Ark Sy word die beste daarvoor onthou dat sy die koninklike hof tydens haar bewind gekersten het.

Bewind duimnael|links|230px|’n Foto van koningin Ranavalona II.

Ranavalona II, ’n vrou van Radama II, het haar niggie koningin Rasoherina, ook ’n vrou van Radama II, opgevolg ná Rasoherina se dood op 1 April 1868. Op 21 Februarie 1869 het sy ’n politieke huwelik met eerste minister Rainilaiarivony aangegaan op ’n seremonie waartydens die hof amptelik tot die Christendom bekeer is.Cousins, William Edward. Madagascar of to-day: A sketch of the island, with chapters on its past. The Religious Tract Society, 1895. Dié kerstening was ’n poging om groter invloed te kry oor die toenemend magtige Protestantse faksie. Ranavalona het die tradisionele koninklike idole (sampy) in September 1869 in ’n vuur laat verbrand en hulle met die Bybel vervang.Drapeyron, L. Revue de géographie, Volumes 38–39. C. Delagrave, 1896.

Onder haar bewind het die probleem van ontbossing aandag gekry. Die koningin het die gebruik van stene en ander duursame boumateriaal in Antananarivo goedgekeur – koning Andrianampoinimerina het dit voorheen verbied. Sy het ook die tradisionele afbranding van woude vir landboudoeleindes (tavy) en die bou van huise in woude verbied.

Ranavalona II is in 1883 dood en is in Ambohimanga begrawe. Sy is opgevolg deur Ranavalona III, die laaste monarg van Madagaskar.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Monarge van Madagaskar