Magnus Magnusson, KBE ([ˈmaknus ˈmaknusɔn]; Yslandse spelling: Magnús Magnússon; * 12 Oktober 1929 in Reykjavik, Ysland; † 7 Januarie 2007 in Balmore, Dunbartonshire, Skotland) was 'n Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder. Magnusson was 'n Yslander van geboorte, maar het byna sy hele lewe in Skotland deurgebring, alhoewel hy nooit Britse burgerskap aanvaar het nie. Hy was getroud met die Skotse baanbrekerjoernalis en skryweres Mamie Baird (1925−2012), 'n boorling van Glasgow.

In die Verenigde Koninkryk het hy bekendheid verwerf as BBC-televisie-joernalis en aanbieder van die vasvraprogram Mastermind asook 'n verskeidenheid ander programme wat sy belangstelling in geskiedenis, argeologie en omgewingsake weerspieël het.BBC News, 7 Januarie 2007 – Obituary: Magnus Magnusson. Besoek op 12 Maart 2018 Die laasgenoemde pos het hy 'n kwarteeu lank beklee. Sy belangrikste werke as skrywer van nie-fiksie sluit 'n geskiedenis van Skotland (Scotland: The Story of a Nation, waarin hy veral die sleutelkonsepte van Skotse identiteit en nasiedom verduidelik) en die Wikings (The Vikings) in.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Yslandse skrywers Kategorie:Joernaliste Kategorie:Televisieaanbieders Kategorie:Vertalers Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2007