Die nuwe brug word deur die rooi lyn aangedui. Die bestaande roete van die veerboot is in blou. duimnael|Die Krimbrug in 2019 Die Krimbrug (Russies: Крымский мост, Krimski most, [ˈkrɨmskʲij most]; Oekraïens: Міст через Керченську протоку) is twee parallelle brûe met lane vir motors en treine wat die Russiese Federasie oor die Kertsj-straat na die Krim gebou het en wat nou gedeeltelik vernietig is. Dit strek tussen die Krim se Kertsj-skiereiland en die Taman-skiereiland in Rusland se Krasnodar-krai. Met 'n lengte van 18,1 km is dit die langste brug in Europa.

Die kontrak vir die bou van die brug is in Januarie 2015 aan Arkadi Rotenberg se SGM-groep toegeken. Bouwerk het in Mei 2015 begin; die padbrug is op 15 Mei 2018 geopen en die spoorbrug is in 2019 geopen. Vanaf die somer van 2020 sal ook vragtreine op die brug kan ry.

Die brug het sy amptelike naam gekry ná ’n aanlyn stemming in Desember 2017, met "Kertsj-straatbrug" in die tweede plek. Pres. Wladimir Poetin het die perseel op 14 Maart 2018, kort voor die Russiese presidentsverkiesing, besoek om die vordering te inspekteer van wat baie mense "Poetin se Brug" gedoop het.

Die brug se bou is 'n omstrede saak, omdat dit die Russiese Federasie verbind met die Krim wat steeds deur Oekraïne opgeëis word nadat Rusland dit ingelyf het. Die boukoste was die hoogstes ooit vir 'n brugprojek in Rusland - onder meer vanweë die geologiese besonderhede van die gebied waarin dit ontstaan het. Aangesien dit seismies aktief is, is die brug ontwerp om ook sterker aarbewings te kan weerstaan. Die sagte grond het vereis dat steunpilare sowat 100 meter diep in die seebodem ingedryf moes word.Moskauer Deutsche Zeitung, 10 Februarie 2020: Lang, hoch, teuer: Russlands kostspieligste Brücken. Besoek op 12 Februarie 2020

Op 8 Oktober 2022 was daar 'n groot ontploffing op die brug wat deel van die padseksie laat instort het en veroorsaak het dat van die olietenkskepe op die spoorlynseksie aan die brand geslaan het. Die voorsitter van die staatsraad van die Krim, Wladimir Konstantinof, het die ontploffing aan 'n Oekraïense aanval toegeskryf. Geskiedenis Vroeë voorstelle duimnael|Dele van die ou brug uit die Tweede Wêreldoorlog In die 1870's is ’n spoorlyn van Engeland deur die Krim en oor die Kertsj-straat na Indië oorweeg, maar as te duur beskou. In 1903 het tsaar Nikolaaas II die idee van ’n brug oorweeg, maar daarvan afstand gedoen weens die Russies-Japannese Oorlog en kort daarna die Eerste Wêreldoorlog.

In 1943, tydens die Tweede Wêreldoorlog, is die idee weer geopper "Crimean Bridge Measures the Span of Putin's Ambitions", from bloomberg.com 20 April 2016 en later in die jaar is selfs op bevel van Hitler begin met bouwerk aan ’n brug vir voertuie en treine. Die Duitsers het egter voor die Sowjetmagte gevlug en die brug, waarvan ’n derde voltooi was, opgeblaas. Inside the Third Reich deur Albert Speer, hoofstuk 19, bl. 270 (1969, Engelse vertaling, 1970)

’n Brug van 4,5 km is in die somer van 1944, ná die bevryding van die Krim deur die Rooi Leër, gebou met materiaal wat die Wehrmacht op die terrein agtergelaat het. Dit is egter binne maande deur vloeiende ys vernietig weens die afwesigheid van waterkerings.

Sedert 1944 is verskeie projekte voorgestel en pogings aangewend om ’n pad oor die seestraat te bou.

Vanaf die middel 1960's is die Kertsj-hidro-eenheidprojek (Керченский гидроузел) hier ontwikkel. Dit was ’n stelsel van damme en brûe oor die seestraat. Die projek het nie die lig gesien nie weens die verbrokkeling van die USSR.

Ná die Sowjettyd duimnael|links|Pres. Poetin besoek die bouperseel in Maart 2016 (video) duimnael|Die onvoltooide Krimbrug soos uit die lug gesien (14 April 2018) Die idee van ’n brug is weer opgehaal ná die verbrokkeling van die Sowjetunie, maar in 1994 kon die Russiese en Oekraïense kante nie tot ’n vergelyk kom nie.

In 2010 het die Oekraïense president, Wiktor Janoekowitsj, en sy Russiese ampgenoot, Dmitri Medwedef, ’n ooreenkoms onderteken om ’n brug oor die Kertsj-seestraat te bou. Azarov creates group for bridging the Kerch Strait, Kyiv Post (9 Augustus 2010) Russia, Ukraine to construct bridge across Kerch Strait, Kyiv Post (26 November 2010) Laat in Januarie 2014 het die twee lande se regerings besluit ’n nuwe gesamentlike Russies-Oekraïense maatskappy sal die brug bou. «Автодор» приступает к подготовке проекта моста через Керченский пролив Читайте далее Wedomosti (14 Februarie 2014)

Ná die anneksasie van die Krim deur Rusland in Maart 2014 te midde van die agteruitgang van betrekkinge tussen die twee lande, het Poetin aangekondig Rusland gaan ’n pad-en-spoorbrug oor die seestraat bou. In April het die Oekraïense regering Rusland ses maande kennis gegee van sy onttrekking aan die destydse ooreenkoms tussen die lande.

In Januarie 2015 is die kontrak vir die bou van ’n brug aan die SGM-groep toegeken. Volgens BBC News bou die groep, waarvan die hoof na bewering goeie vriende met Poetin is, eintlik pyplyne en het dit geen ondervinding van die bou van brûe nie.

Ontwerp Volgens die Russiese regering se beskrywingspunt van 1 September 2014 moet die brug vier lane vir voertuie en twee vir treine hê. Die vier voertuiglane loop parallel met die dubbele spoorlyn. Die hoofoorspanning oor die seestraat se skeepskanaal het ’n staalboogsteunstuk en is 227 meter breed, met ’n deurgangshoogte van 35 meter bo die water sodat skepe onderdeur kan vaar. Daar is drie dele: van die Taman-skiereiland tot die Toezla-skoorwal is 7 km; oor Toezla-eiland is 6,5 km; en van die eiland tot die Krim is 5,5 km (altesaam 19 km).

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Brûe in Rusland Kategorie:Brûe in Oekraïne Kategorie:Krim Kategorie:Spoorvervoer in Rusland