Toljatti of Togliatti (Russies: Тольятти, [tɐˈlʲjætʲɪ], ), vanaf 1737 tot 1964 Stawropol aan die Wolga (moenie verwar word met Stawropol in die Stawropol-krai nie), is 'n belangrike nywerheidstad in die Russiese oblast Samara. Met 'n bevolking van 719 632 volgens die 2010-sensus is dit die tweede grootste en tweede belangrikste stad van die oblast na die hoofstad Samara. Dit is die grootste stad in Rusland wat nie as 'n administratiewe hoofstad van 'n federale deelgebied dien nie. Toljatti staan veral vir die Ladafabriek bekend.
duimnael|links|Gebou van Toljatti se stadsdoema duimnael|links|AftoWAZ se hoofkantoor in Toljatti Toljatti is sowat 1 000 km suidoos van Moskou en 75 km noordwes van Samara aan die Wolga geleë. Die stad is in 1737 volgens 'n dekreet van keiserin Anna van Rusland deur Wassili Nikititsj Tatisjtsjef vir gekerstende Kalmikiërs gestig en het in 1780 stadstatus ontvang. In 1955 het die historiese stad in die nuut opgerigte Koeibisjef-opgaardam versink en 'n nuwe stad is aan die linke Wolgaoewer opgerig. In 1964 is die stad na die Italiaanse kommunis Palmiro Togliatti in Toljatti herdoop. Vanaf 1966 het Toljatti weens die oprigting van die Italiaanse motorvervaardiger Fiat SpA se Ladafabriek 'n sterk ekonomiese groei ervaar.
Na die ontbinding van die Sowjetunie is Toljatti deur georganiseerde misdaad geteister en is as een van Rusland se stede met die hoogste misdaad beskou. Onder ander is hier Sergei Iwanof, leier van Lada-TV, op 3 Oktober 2000 in sy woonstelgebou vyf keer in die kop en bors geskiet, Aleksei Sidorof van die koerant Toljatinskoje Obozrenije is op 9 Oktober 2003 vermoor soos sy voorganger Waleri Iwanof, wat in April 2002 geskiet is.
Internasionale verhoudings Susterstede
Vennootskappe Colmar, Frankryk Nagykanizsa, Hongarye
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Rusland