De Wet Hugo (gebore 26 November 1982) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van jeuglektuur. duimnael|180px|De Wet Hugo

Biografie

De Wet Hugo is op 26 November 1982 op Worcester in die Boland gebore. Hy het drie ouer susters en hulle het op die plaas Spes Bona, tussen Worcester en Villiersdorp, grootgeword. Nadat hy sy laerskoolloopbaan op Worcester voltooi het, het hy in die Paarl gematrikuleer. Hierna het hy 'n onderwysgraad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie op Wellington en 'n nagraadse kwalifikasie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

In 2006 het hy sy onderwysloopbaan by Laerskool Ysterplaat in Kaapstad begin en van 2007 tot 2009 het hy by Laerskool De Hoop op Somerset-Wes skoolgehou. Gedurende hierdie tydperk het hy sy liefde vir skryf ontdek en het hy Marianna Brandt se kinderboekskryfkursus bygewoon. Kort hierna het hy 'n paar episodes vir die kinderprogram Cool Catz op E-TV geskryf.

In 2010 het hy besluit om as onderwyser in die buiteland te gaan werk en na Djedda in Saoedi-Arabië vertrek, waar hy vir twaalf jaar by 'n Britse Internasionale Skool gewerk het. Tans woon De Wet in Hangzhou, China waar hy Engels en Drama aan Wellington College onderrig.

Skryfwerk + Boeke Jaar Publikasie Reeks Uitgewer2018Die vloek van VreesbaaiGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2018Web van die mummieGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2018Kamp vir monstersGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2019Die meisie in die maanligGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2019Die groen watergrafGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2020Die gevaarlikste speletjie op aardeKies-jou-avontuurHuman & Rousseau (NB)2020Die geheim van die spookwerfGrilgrypersHuman & Rousseau (NB)2021Die gevaarlikste boek op aardeKies-jou-avontuurHuman & Rousseau (NB)2021Die gevaarlikste fliek op aardeKies-jou-avontuurHuman & Rousseau (NB)2022KatastrofeHuman & Rousseau (NB)2022CatastropheHuman & Rousseau (NB)2022Lekkerlag-pretboekHuman & Rousseau (NB)2022Die holderstebolder hondepartytjieKinkels en keusesHuman & Rousseau (NB)2023Die belaglike bak en brou bohaaiKinkels en keusesHuman & Rousseau (NB)2023Hoe gril ek nou! (saam met Francois Bloemhof)Human & Rousseau (NB)2024Die ongelooflikste sendingLuca (Penguin Random House)2024Die maniese muskietmolesKinkels en keusesHuman & Rousseau (NB)2024Die doodgewone bureHuman & Rousseau (NB)2025As ek jy wasHuman & Rousseau (NB)2025Die dertiende dag in ChengduLapa (Penguin Random House)2025The thirteenth day in ChengduLapa (Penguin Random House)

+ Bundels Jaar Publikasie Samesteller/s Uitgewer2015Skrik op die lyfGerda Taljaard en Deborah SteinmairTafelberg (NB)2015Rympies vir pikkies en peutersRiana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie SmitTafelberg (NB)2016Seesand en KoekiesMarianna BrandtShuter & Shooter2017Skool is 'n rillerMarianna BrandtHuman & Rousseau (NB)2017Liedjies vir pikkies en peutersGertie SmitTafelberg (NB)2017Rympies vir kleintjies en kleutersRiana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie SmitTafelberg (NB)2019Bybelliedjies vir kleintjies en kleutersGertie SmitTafelberg (NB)2021Ingonyama en ander maats met leeueharteCarin KrahtzBest Books (NB)2021Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende storiesMarieta NelLapa (Penguin Random House)2021Die skool vir rampspoedige talente ander gelukkige storiesMarieta NelLapa (Penguin Random House)2022Tyd is 'n b**ksem en ander belaglik lekker teksteMarieta NelLapa (Penguin Random House)2024Om teen treine te skreeTanya ViviersBest Books (NB)

+ VertaalwerkJaarTitelReeksnaamUitgewer2023PlaasdiereSoek in die boekHuman & Rousseau (NB)2023Wilde diereSoek in die boekHuman & Rousseau (NB)2024TroeteldiereSoek in die boekHuman & Rousseau (NB)2024DinosourusseSoek in die boekHuman & Rousseau (NB)

Skryftoekennings +ToekenningJaarBoekUitgewerATKV Woordveertjie2021Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerfHuman & Rousseau (NB)ATKV Woordveertjie2023Kinkels en keuses 1: Die holderstebolder hondepartytjieHuman & Rousseau (NB)NB Jeugboekprys - Kinderboekwenner2024Die doodgewone bureHuman & Rousseau (NB)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Profiel op NB Uitgewers Lokprent vir Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai op YouTube http://versindaba.co.za/tag/de-wet-hugo/ https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dit-gaan-lees-laat-dit-ril-20180330 https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-grilgrypers-1-die-vloek-van-vreesbaai/ https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/monster-van-n-boek-laat-tone-krul-20180429 https://www.litnet.co.za/jong-lesers-grilgrypers-1-die-vloek-van-vreesbaai-deur-de-wet-hugo/

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers