Graeme C. Gibson (9 Augustus 1934 – 18 September 2019) was 'n Kanadese skrywer van romans. Hy was een van die organiseerders van die Writer's Union of Canada en ook 'n stigterslid van die Writers' Trust of Canada. Gibson was in 'n langtermynverhouding met die skrywer Margaret Atwood vanaf 1973, en hulle het 'n gemeenskaplike dogter. Hy geniet die meeste aansien vir sy nie-fiksie boek Eleven Canadian Novelists (1973), waarin hy onderhoude met skrywers soos Atwood voer. Hy het in 1996 besluit om nie meer romans te skryf nie. Atwood het die titel van die laaste roman waarmee hy besig was, naamlik Moral Disorder, by hom oorgeneem vir haar eie gelyknamige versameling van kortverhale (2006).

Bibliografie Five Legs – 1969 Communion – 1971 Eleven Canadian Novelists – 1973 Perpetual Motion – 1982 Gentleman Death – 1993 The Bedside Book of Birds – 2005 The Bedside Book of Beasts – 2009

Eksterne skakels

Kategorie:Kanadese skrywers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2019