Die Elandskloofdam is in die Elandskloofrivier by Villiersdorp.
Hierdie swaartekragdam verskaf sedert 1976 deur middel van kanale besproeiingswater sowel as water vir huishoudelike gebruik aan die dorp. Die rivier loop langs die dorp verby na die Theewaterskloofdam.
Die dam lê noordwes van die dorp by . Dit het ‘n opvanggebied van 50 km², ‘n walhoogte van 65 m, wallengte van 165 m, ‘n bakmaat van 11,5 miljoen m³ en ‘n wateroppervlakte van 0,7 km².
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap