Die Gamkadam is die hoofbron van drinkwater vir Beaufort-Wes.
Ligging Hierdie dam lê net onder die samevloeiing van die Donkergatspruit en die Gamkarivier. Dit is 13 km noord van Beaufort-Wes, oos van die Karoo Nasionale Park en noordoos van die Moltenopas en by 32° 20′ 28,7″ suid en 22° 35′ 28,4″ oos.
Dam Dit dateer uit 1955 en het ‘n maksimum kapasiteit van 1,8 miljoen m³, ‘n walhoogte van 56 m en ‘n opvanggebied in die Nuweveldberge van slegs 106 km². ‘n Byvoordeel van die dam is dat dit beskerming teen oorstroming van die dorp deur die vloedwater van die Gamkarivier bied. Op 12 April 1961 het die dam vir die eerste maal oorgeloop en in September 2010 en Maart 2018 was dit weens die heersende droogte dolleeg.
Visvang Reeds voor die voltooiing en weer in 1956 is grootbekbaars in die dam uitgesit. Sedert 1960 word visvang toegelaat.
Let wel Hierdie dam moet nie verwar word met die Gamkapoortdam, die Leeu-Gamkadam en die Springfonteindam nie.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap