’n Kalkoen is ’n groot voël in die genus Meleagris wat inheems aan die Amerikas is. Die mannetjies van albei spesies het ’n kenmerkende vlesige uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Hulle is van die grootste voëls in hul soort. Soos die geval is met baie lede van die orde Galliformes, of Hoendervoëls, is die mannetjies groter en baie kleurryker as die wyfies.
Taksonomie Kalkoene val in die familie Phasianidae (fisante, patryse, korhoenders en hul verwante) in die orde Galliformes.Crowe, Timothy M.; Bloomer, Paulette; Randi, Ettore; Lucchini, Vittorio; Kimball, Rebecca T.; Braun, Edward L. & Groth, Jeffrey G. (2006a): Supra-generic cladistics of landfowl (Order Galliformes). Acta Zoologica Sinica 52(Supplement): 358–361. PDF fulltext Die genus Meleagris is die enigste oorlewende genus in die subfamilie Meleagridinae.
Oorlewende spesies Beeld Wetenskaplike naam Algemene naam Verspreiding120px Meleagris gallopavo Wilde of mak kalkoen Woude van Noord-Amerika, van Mexiko (waar hulle eerste deur die Maja mak gemaak is) deur die midwestelike en oostelike VSA tot in Suidoos-Kanada120px Meleagris ocellata Poukalkoen Woude van die Yucatán-skiereiland
Fossielrekord ’n Paar kalkoene is van fossiele af beskryf. Die Meleagridinae is van die vroeë Mioseen (sowat 23 miljoen jaar gelede) af bekend, met die uitgestorwe genera Rhegminornis (vroeë Mioseen) en Proagriocharis (laat Mioseen / vroeë Plioseen). Eersgenoemde was waarskynlik ’n basale kalkoen en die ander een ’n meer kontemporêre voël wat nie baie soos bekende kalkoene was nie; albei was baie kleiner. ’n Kalkoenfossiel wat nie tot Meleagris behoort nie, maar ’n soortgelyke voël was, is van die laat Mioseen af bekend. In die moderne genus Meleagris is ’n hele aantal spesies al beskryf, want kalkoenfossiele is taamlik sterk en volop, en daar is groot verskille tussen individue. Baie van hierdie veronderstelde fossiele spesies word nou beskou as junior sinonieme. Een van hulle, die Kaliforniese kalkoen, Meleagris californica, het onlangs genoeg uitgesterf dat hulle nog deur vroeë menslike setlaars gejag is.; lay summary Daar word geglo hulle het uitgesterf weens die gesamentlike druk wat veroorsaak is deur menslike jagters en die klimaatsverandering aan die einde van die laaste ystyd.Bochenski, Z. M., and K. E. Campbell, Jr. (2006). The extinct California Turkey, Meleagris californica, van Rancho La Brea: Comparative osteology and systematics . Contributions in Science, Natural History Museum of Los Angeles County, nommer 509.
Gebruik deur mense alt=|duimnael|’n Geroosterde kalkoen op die Kerstafel.
Die mens gebruik die spesie Meleagris gallopavo vir hul vleis. Hulle is van minstens 800 v.C. deur die inheemse volke van Meksiko mak gemaak. Hulle is teen 200 v.C. óf na die Suidwes-VSA uitgevoer óf ’n tweede keer mak gemaak deur die plaaslike inheemse volke. Die kalkoene is aanvanklik aangehou vir hul vere, wat in seremonies gebruik is en om klere en komberse te maak. Hulle is teen omstreeks 1100 n.C. die eerste keer deur Noord-Amerikaners vir hul vleis gebruik. In vergelyking met wilde kalkoene word mak kalkoene selektief geteel om groter te wees vir hul vleis. Kalkoene word dikwels op fees- en spesiale dae soos Kersfees en Danksegging geëet.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Voëls Kategorie:Hoenders