Sir Henry Binns (1837 – 1899) was 'n Eerste Minister van Natal. Hy is gebore in 1837 en arriveer in 1858 in Natal. Hy begin in 1860 met 'n suikerboerdery. Van 1862 tot 1892 was hy die bestuurdervan die Umhlanga Valley Sugar Estate co. wat hy tot stand gebring het. In 1879 word hy reeds benoem as 'n lid van die Wetgewende Raad en in 1883 word hy 'n verkose lid. In 1897 word hy aangestel as Eerste Minister. In dieselfde jaar word hy ook koloniale sekretaris en Minister van Landbou. Een van sy grootste prestasies was om Natal te laat aansluit by die Doeane Konvensie in 1898. Hy is oorlede in 1899.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Premiers Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Geboortes in 1837 Kategorie:Sterftes in 1899