Saoirse Una Ronan (uitspraak: SUR-shə, IFA: ˈsɜrʃə ˈuːnə ˈroʊnən; gebore 12 April 1994) is ’n Ierse aktrise. Sy het in 2018 ’n Golden Globe gewen vir beste aktrise in ’n komedie of blyspel. In 2016 was sy op Forbes se "30 Under 30"-lys en op Time se "Next Generation Leaders"-lys.Under 30 Forbes Magazine, Januarie 2016Saoirse Ronan: Next Generation Leaders Time
Loopbaan Ronan het in 2003 haar TV-debuut gemaak in die Ierse mediese dramareeks The Clinic en in 2007 haar rolprentdebuut in die romantiese komedie I Could Never Be Your Woman. Haar deurbraak was met die rol as ’n vrypostige tiener in Atonement (2007), waarvoor sy vir ’n Oscar benoem is. Daarna was sy te sien in The Lovely Bones (2009), Hanna (2011), Byzantium (2012) en The Grand Budapest Hotel (2014). Sy het lof gekry vir haar spel as ’n Ierse meisie in die New York van die 1950's wat huis toe verlang in die drama Brooklyn (2015), waarvoor sy vir ’n Oscar benoem is, en die titelrol in Lady Bird (2017), waarvoor sy haar Golden Globe gekry het.
Ronan het ook al verskyn in ’n episode van Saturday Night Live en op Broadway in ’n 2016-heropvoering van The Crucible.
Filmografie *TV-prente uitgesluit Lady Bird (2017) - Christine "Lady Bird" McPherson Loving Vincent (2017) - Marguerite Gachet Brooklyn (2015) - Ellis Lacey Stockholm, Pennsylvania (2015) - Leia Lost River (2014) - Rat Puppets Most Wanted (2014) - haarself The Grand Budapest Hotel (2014) - Agatha Justin and the Knights of Valour (2013) - Talia (stem) How I Live Now (2013) - Daisy The Host (2013) - Melanie Stryder/Wanda Byzantium (2013) - Eleanor Violet & Daisy (2011) - Daisy Hanna (2011) - Hanna The Way Back (2010) - Irena The Secret World of Arrietty (2010) - stem van Arrietty The Lovely Bones (2009) - Susie Salmon City of Ember (2008) - Lina Death Defying Acts (2007) - Benji McGarvie Atonement (2007) - jong Briony Tallis The Christmas Miracle of Jonathan Toomey (2007) - Celia Hardwick I Could Never Be Your Woman (2007) - Izzie
Televisiereekse *Eenmalige gasrolle uitgesluit Proof - Orla Boland (2005, vier aflewerings) The Clinic - Rhiannon Geraghty (2003-2004, vier aflewerings)
Pryse en benoemings Saoirse Ronan het al 51 rolprentpryse gewen en is 120 keer benoem.Awards and nominations Saoirse Ronan, IMDb, besoek op 9 Januarie 2018 Die belangrikstes is: JaarPrysKategorieRolprentUitslag2018 Golden Globe Beste aktrise in ’n komedie of musiekspel Lady Bird Satellite Award Beste aktrise 2016 Oscar Beste aktrise Brooklyn Golden Globe Beste aktrise in ’n dramaprent Bafta Beste aktrise Satellite Beste aktrise 2010 Bafta Beste aktrise The Lovely Bones 2008 Oscar Beste byspeelster Atonement Golden Globe Beste bespeelster Bafta Beste byspeelster 2007 Satellite Award Beste byspeelster
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Ierse akteurs Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense