Henry Charles Hull (1860 – 1932) was 'n Suid-Afrikaanse kabinetsminister, gebore in 1860. Hy bekwaam homself as 'n prokureur en vestig hom aan die Witwatersrand. Hy was 'n lid van die Reform Commitee en is na die Jameson-inval skuldig bevind aan hoogverraad. Hy veg in die Tweede Vryheidsoorlog en word later lid van die Transvaalse Wetgewende Raad waar hy sterk gekant is teen die invoer van Chinese arbeid. Onder verantwoordelike bestuur was Hull Minister van Finansies in die Transvaalse Kabinet en een van die afgevaardigdes na die Nasionale Konvensie. Hy word Minister van Finansies in die eerste Unie-kabinet. Hy is in 1932 oorlede.
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van finansies Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1932