Thomas Orr (1857 – 1937) was 'n Suid-Afrikaanse kabinetsminister. Hy is in 1857 in Armagh, Ierland, gebore. Hy sluit by die Britse staatsdiens aan in die departement van finansies en word in 1902 Ouditeur-generaal van Natal. Met Uniewording in 1910 tree hy af en word L.V. vir Pietermaritzburg-Noord. Hy was van 1917 tot 1920 minister van Finansies. Hy is in 1937 oorlede.
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van finansies Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1937