Die Hakka (Hakka: 客家人, pinyin: Kèjiārén; letterlik: "gaste" ) is een van die Han-Chinese volke met hul oorsprong in die Hakka-talige gebiede van die provinsies Guangdong, Fujian, Jiangxi, Guangxi, Sichuan, Hunan, Zhejiang, Hainan en Guizhou. In teenstelling met ander Han-Chinese groepe is die Hakka nie na 'n geografiese gebied, soos 'n provinsie, distrik of stad, genoem nie. Die hedendaagse Hakka word gewoonlik geïdentifiseer as mense wat een van die verskeie Hakka-dialekte praat of van Hakka-afkoms is. In die Volksrepubliek China word die Hakka nie as selfstandige etniese groep erken nie en by die Han-Chinese ingereken.
duimnael|links|Tulou-geboue in Tianluokeng, Hukeng-stad, Yongding-distrik, Fujian Die Hakka het hul oorsprong vermoedelik in die gebiede wat aan die Geelrivier grens, die hedendaagse Chinese provinsies Shanxi, Henan en Hubei. In 'n reeks van migrasies het die Hakka in hul hedendaagse tuisland van Suid-China gevestig en vanaf daar het 'n aansienlike aantal oorsee na verskillende lande regoor die wêreld migreer, veral Suidoos-Asië, Noord- en Latyns-Amerika. Die wêreldwye Hakka-bevolking word op sowat 80 miljoen geskat en hulle vorm die meesverspreide onder die Chinese gemeenskapsgroepe.
Die Hakka het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die moderne China en oorsese Chinese geskiedenis gehad, veral 'n groot aantal van rewolusionêre, regerings- en militêre leiers was van Hakka-afkoms, waaronder Deng Xiaoping, Sun Yat-sen en Lee Kuan Yew. Die Hakka is ook bekend vir hul rotundas, die Tulou (Vereenvoudigde Chinees: 土楼; Tradisionele Chinees: 土樓; pinyin: tǔlóu) wat in die provinsie Fujian opgerig is en in 2008 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is. Ander geboue het 'n vierkantige ontwerp en staan as Fanglou (方樓; 方楼; Fānglóu) bekend.
Bevolking LandHakka-bevolkingChinesebevolkingTotalebevolkingPersentasie van dieChinese bevolkingMeerderheidBron4 202 00022 813 00023 374 00018,4%Tweede grootsteHakka Affairs Council, Taiwan, 2014 客委會人口調查 全台約18%是客家人1 250 000 (geskat)6 643 0007 300 00018,8%Tweede grootsteProf Lau Yee Cheung, Chinese Universiteit van Hongkong, 2010 香港客家人232 9142 794 0003 771 7008,3%Vierde grootsteSingapoer-sensus, 2010 Census of Population 2010 1 650 0006 550 00030 116 00025,2%Tweede grootsteMaleisiese sensus, 2015 1 502 8469 392 79267 091 37116,0%Tweede grootsteThe World Factbook, 2012
Verwysings
Eksterne skakels
Charles Piton: On the Origin and History of the Hakkas. The China Review 2, 1873–74, bl. 122–126 Council for Hakka Affairs – Regering van die Republiek China Verspreiding van etniese groepe in China
Kategorie:Etniese groepe in die Republiek China Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China Kategorie:Etniese groepe in Maleisië Kategorie:Etniese groepe in Singapoer Kategorie:Etniese groepe in Thailand Kategorie:Etniese groepe in Afrika Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Hongkong Kategorie:Macau